VITA-CHROMAG
VITACHROMAG
Professional information for VITACHROMAG
COMPLEMENTARY MEDICINE: HEALTH SUPPLEMENT
This unregistered medicine has not been evaluated by SAHPRA for its quality, safety or intended use.
SCHEDULING STATUS
S0
- NAME OF THE MEDICINE
VITACHROMAG
- QUALITATIVE AND QUANTITATIVE COMPOSITION
Each tablet contains:
FoodMatrix® carrot, tomato and spinach extracts 395 mg
Calcium carbonate 124,9 mg
providing calcium 50 mg
Magnesium oxide 62,2 mg
providing magnesium 37,5 mg
Nicotinamide (vitamin B3) 6 mg
Colloidal silicon dioxide 7,17 mg
providing silicon 3,35 mg
Zinc oxide 3,3 mg
providing zinc 2,65 mg
Manganese sulphate 1,4 mg
providing manganese 0,5 mg
Copper sulphate 0,63 mg
providing copper 0,25 mg
Chromium polynicotinate 125 µg
providing chromium 25 µg
Sugar free.
For the full list of excipients, see section 6.1.
- PHARMACEUTICAL FORM
Tablets.
An off-white, round, biconvex tablet.
- CLINICAL PARTICULARS
4.1 Therapeutic indications
Support glucose metabolism and helps the body to metabolise carbohydrates and fats.
Contributes to the maintenance of normal blood glucose levels and normal muscle function.
4.2 Posology and method of administration
Take two tablets per day.
4.3 Contraindications
Hypersensitivity to any of the active ingredients or excipients (see sections 2 and 6.1).
4.4 Special warnings and precautions for use
Consult your healthcare provider before taking VITACHROMAG if you are taking medication or suffering from any medical condition.
4.5 Interaction with other medicines and other forms of interaction
Consult your healthcare provider before taking VITACHROMAG if you are taking medication or suffering from any medical condition.
4.6 Fertility, pregnancy and lactation
Safety and efficacy have not been established in pregnancy and lactation.
Consult your healthcare provider before taking VITACHROMAG if you are pregnant, planning to get pregnant or if you are breastfeeding.
4.7 Effects on ability to drive and use machines
It is not known if VITACHROMAG has an effect on the ability to drive or use machines. Caution is advised before driving a vehicle or operating machinery until the effects of VITACHROMAG are known.
4.8 Undesirable effects
VITACHROMAG is well tolerated.
Reporting of suspected adverse reactions:
Reporting suspected adverse reactions after authorisation of VITACHROMAG is important. It allows continued monitoring of the benefit/risk balance of VITACHROMAG. Healthcare providers are asked to report any suspected adverse reactions to NRF HEALTH via https://www.nrfhealth.co.za
4.9 Overdose
In overdose, side effects can be precipitated and/or be of increased severity (see section 4.8). Overdose treatment is symptomatic and supportive.
- PHARMACOLOGICAL PROPERTIES
Category and class: D 34.12 Multiple substance formulation.
Vitamin B3 is water-soluble and well absorbed and is excreted mainly via urine.
Calcium absorption is affected by several factors like age, race, environmental and dietary conditions. Dietary calcium absorption is inversely correlated with total dietary calcium, dietary fibre, alcohol intake and physical activity. Calcium is distributed in the bones and teeth and excreted via the urine and faeces.
Approximately 0,5 % to 2 % of chromium is absorbed and distributed to the kidney, heart, liver, brain, muscle, spleen and lungs. A small percentage of chromium that is absorbed is rapidly excreted in the urine.
Copper is absorbed from the small intestines and rapidly taken up by the liver and incorporated into caeruloplasmin. It is excreted via bile into faeces, with small amounts excreted in urine.
Magnesium requires both parathyroid hormone and vitamin D for absorption. Magnesium is absorbed throughout the gastrointestinal tract, is distributed in the skeleton and soft tissue, and excreted primary via the kidneys.
Absorbed manganese stays in the blood for a short time, but accumulates in tissues, including bone, where it can remain for many years. Manganese is cleared hepatically.
Silicon is primarily absorbed in the proximal small intestine, distributed and contained in connective tissue, and excreted via the kidneys.
Zinc is a biologically essential trace element that is absorbed in the small intestines and is distributed in the body in skeletal muscle and bone. It is mainly excreted through the faeces.
- PHARMACEUTICAL PARTICULARS
6.1 List of excipients
Magnesium stearate
Talc.
6.2 Incompatibilities
Not applicable.
6.3 Shelf life
2 years.
6.4 Special precautions for storage
Store at or below 25 °C.
Protect from light and moisture.
6.5 Nature and contents of container
60 tablets are packed in a white PP securitainer with a red LDPE lid.
6.6 Special precautions for disposal and other handling
None.
- HOLDER OF CERTIFICATE OF REGISTRATION
Royal Square 428 Investments (Pty) Ltd
PO Box 1762
Randpark Ridge
2156
- REGISTRATION NUMBER
Will be allocated by SAHPRA upon registration.
- DATE OF FIRST AUTHORISATION/RENEWAL OF THE AUTHORISATION
Will be allocated by SAHPRA upon registration.
- DATE OF REVISION OF THE TEXT
December 2020.
Professionele inligting vir VITACHROMAG
KOMPLEMENTÊRE MEDISYNE: GESONDHEIDSAANVULLING
Hierdie ongeregistreerde medisyne is nie vir gehalte, veiligheid of beoogde gebruik deur SAHPRA geëvalueer nie.
SKEDULERINGSTATUS
S0
- NAAM VAN DIE MEDISYNE
VITACHROMAG
- KWALITATIEWE EN KWANTITATIEWE SAMESTELLING
Elke tablet bevat:
FoodMatrix® wortel-, tamatie- en spinasie-ekstrakte 395 mg
Kalsiumkarbonaat 124,9 mg
verskaf kalsium 50 mg
Magnesiumoksied 62,2 mg
verskaf magnesium 37,5 mg
Nikotienamied (vitamien B3) 6 mg
Kolloïdale silikondioksied 7,17 mg
verskaf silikon 3,35 mg
Sinkoksied 3,3 mg
verskaf sink 2,65 mg
Mangaansulfaat 1,4 mg
verskaf mangaan 0,5 mg
Kopersulfaat 0,63 mg
verskaf koper 0,25 mg
Chroompolinikotinaat 125 µg
verskaf chroom 25 µg
Suikervry.
Vir die volledige lys onaktiewe bestanddele, sien afdeling 6.1.
- DOSEERVORM
Tablette.
’n Naaswit, ronde, bikonvekse tablet.
- KLINIESE BESONDERHEDE
4.1 Terapeutiese indikasies
Ondersteun glukosemetabolisme en help die liggaam om koolhidrate en vette te metaboliseer.
Dra by tot die instandhouding van normale bloedglukosevlakke en normale spierfunksie.
4.2 Posologie en metode van toediening
Neem twee tablette per dag.
4.3 Kontra-indikasies
Hipersensitiwiteit vir enige van die aktiewe of onaktiewe bestanddele (sien afdelings 2 en 6.1).
4.4 Spesiale waarskuwings en voorsorgmaatreëls vir gebruik
Konsulteer jou gesondheidsorgverskaffer voordat jy VITACHROMAG neem indien jy medikasie gebruik of aan enige mediese toestand ly.
4.5 Interaksies met ander medisyne en ander vorms van interaksie
Konsulteer jou gesondheidsorgverskaffer voordat jy VITACHROMAG neem indien jy medikasie gebruik of aan enige mediese toestand ly.
4.6 Vrugbaarheid, swangerskap en borsvoeding
Veiligheid en effektiwiteit tydens swangerskap en borsvoeding is nie vasgestel nie.
Raadpleeg jou gesondheidsorgverskaffer voordat jy VITACHROMAG neem indien jy swanger is, beplan om swanger te raak of jou baba borsvoed.
4.7 Uitwerking op die vermoë om te bestuur en masjiene te gebruik
Dit is onbekend of VITACHROMAG ’n uitwerking het op die vermoë om te bestuur of masjiene te gebruik. Versigtigheid word aangeraai voordat ’n voertuig bestuur of masjinerie hanteer word, totdat bekend is wat die uitwerking van VITACHROMAG is.
4.8 Ongewenste effekte
VITACHROMAG word goed verdra.
Rapportering van vermoedelike newe-effekte:
Dit is belangrik om vermoedelike newe-effekte wat waargeneem word nadat VITACHROMAG goedgekeur is te rapporteer. Dit help met volgehoue monitering van die voordeel/risiko-balans van VITACHROMAG. Gesondheidsorgverskaffers moet asseblief enige vermoedelike newe-effekte rapporteer aan NRF HEALTH via https://www.nrfhealth.co.za
4.9 Oordosering
Met oordosering kan newe-effekte gepresipiteer word en/of ernstiger wees (sien afdeling 4.8). Na oordosering moet simptomatiese en ondersteunende behandeling toegepas word.
- FARMAKOLOGIESE EIENSKAPPE
Kategorie en klas: D 34.12 Formule met verskeie bestanddele.
Vitamien B3 is wateroplosbaar en word goed geabsorbeer. Dit word hoofsaaklik via die urine uitgeskei.
Kalsiumabsorpsie word deur verskeie faktore beïnvloed, soos ouderdom, ras, omgewingstoestande en eetgewoontes. Absorpsie van kalsium uit die dieet is omgekeerd eweredig aan die hoeveelheid kalsium in die dieet, dieetvesel, alkoholinname en fisieke aktiwiteit. Kalsium word na die bene en tande versprei, en via die urine en feses uitgeskei.
Ongeveer 0,5 % tot 2 % van die chroom word geabsorbeer en na die niere, hart, lewer, brein, spiere, milt en longe versprei. ’n Klein persentasie van die chroom wat geabsorbeer word, word vinnig via die urine uitgeskei.
Koper word uit die dunderm geabsorbeer en vinnig in die lewer opgeneem, waar dit in seruloplasmien (ferroksidase) geïnkorporeer word. Dit word via gal in die feses uitgeskei, met klein hoeveelhede in die urine.
Magnesium benodig sowel paratiroïedhormoon as vitamien D vir absorpsie. Magnesium word uit die hele lengte van die spysverteringskanaal geabsorbeer, word na die skelet en sagteweefsel versprei, en hoofsaaklik via die niere uitgeskei.
Geabsorbeerde mangaan bly vir ’n kort rukkie in die bloed, maar akkumuleer in weefsel, insluitende been, waar dit vir baie jare kan bly. Mangaan word deur die lewer opgeruim.
Silikon word hoofsaaklik uit die proksimale dunderm geabsorbeer, versprei en geberg in bindweefsel, en via die niere uitgeskei.
Sink is ’n biologies essensiële spoorelement wat uit die dunderm geabsorbeer word en na die skeletspiere en -bene versprei word. Dit word hoofsaaklik in die feses uitgeskei.
- FARMASEUTIESE BESONDERHEDE
6.1 Lys van onaktiewe bestanddele
Magnesiumstearaat
Talk.
6.2 Onverenigbaarhede
Nie van toepassing nie.
6.3 Rakleeftyd
2 jaar.
6.4 Spesiale voorsorgmaatreëls vir berging
Bêre by of onder 25 °C.
Beskerm teen lig en vog.
6.5 Aard en inhoud van die houer
60 tablette word in ’n wit PP-sekuriteitshouer met ’n rooi LDPE-deksel verpak.
6.6 Spesiale voorsorgmaatreëls vir wegdoening en ander hantering
Geen.
- HOUER VAN DIE REGISTRASIESERTIFIKAAT
Royal Square 428 Investments (Edms.) Bpk.
Posbus 1762
Randparkrif
2156
- REGISTRASIENOMMER
Sal met registrasie deur SAHPRA toegeken word.
- DATUM VAN EERSTE MAGTIGING/HERNUWING VAN MAGTIGING
Sal met registrasie deur SAHPRA toegeken word.
- DATUM VAN HERSIENING VAN DIE TEKS
Desember 2020.