VITA-C 2000
VITA-C 2000
Professional information for VITA-C 2000
COMPLEMENTARY MEDICINE: HEALTH SUPPLEMENT
This unregistered medicine has not been evaluated by SAHPRA for its quality, safety or intended use.
SCHEDULING STATUS
S0
- NAME OF THE MEDICINE
VITA-C 2000
- QUALITATIVE AND QUANTITATIVE COMPOSITION
Each scoop (2,5 g) contains:
Ascorbic acid (vitamin C, buffered) 1 000 mg
ß-carotene 1 % 25 mg
Citrus bioflavonoids 35 % 12,5 mg
Contains sweetener: Acesulfame K.
For the full list of excipients, see section 6.1.
- PHARMACEUTICAL FORM
Powder.
White to off-white orange flavoured powder.
- CLINICAL PARTICULARS
4.1 Therapeutic indications
Contributes to normal function of the immune system, helps in connective tissue formation and contributes to wound healing.
Contributes to normal cell division and to the reduction of tiredness and fatigue.
Safe for people suffering from acidic conditions.
4.2 Posology and method of administration
One level scoop dissolved in a glass of water or fruit juice, or as perscribed by your healthcare provider. Efficacy is enhanced when taken on an empty stomach.
4.3 Contraindications
Hypersensitivity to any of the active ingredients or excipients (see sections 2 and 6.1).
4.4 Special warnings and precautions for use
Consult your healthcare provider before taking VITA-C 2000 if you are taking medication or suffering from any medical condition.
4.5 Interaction with other medicines and other forms of interaction
Consult your healthcare provider before taking VITA-C 2000 if you are taking medication or suffering from any medical condition.
4.6 Fertility, pregnancy and lactation
Safety and efficacy has not been established in pregnancy and lactation.
Consult your healthcare provider before taking VITA-C 2000 if you are pregnant, planning to get pregnant or if you are breastfeeding.
4.7 Effects on ability to drive and use machines
It is not known if VITA-C 2000 has an effect on the ability to drive or use machines. Caution is advised before driving a vehicle or operating machinery until the effects of VITA-C 2000 are known.
4.8 Undesirable effects
VITA-C 2000 is well-tolerated.
Reporting of suspected adverse reactions:
Reporting suspected adverse reactions after authorisation of VITA-C 2000 is important. It allows continued monitoring of the benefit/risk balance of VITA-C 2000. Healthcare providers are asked to report any suspected adverse reactions to NRF HEALTH via https://www.nrfhealth.co.za
4.9 Overdose
In overdose, side effects can be precipitated and/or be of increased severity (see section 4.8). Overdose treatment is symptomatic and supportive.
- PHARMACOLOGICAL PROPERTIES
Category and class: D 34.12 Multiple substance formulation.
Vitamin C is readily absorbed from the gastrointestinal tract and is widely distributed in the body. The main route of elimination is through urine.
Citrus bioflavonoids are a source of antioxidants which helps to protect cells against free radicals.
Some ingested ß -carotene is converted to vitamin A in the intestinal mucosa or liver. Carotenoids are mainly carried in the blood on low-density lipoproteins (LDLs). ß-carotene is excreted in the faeces.
- PHARMACEUTICAL PARTICULARS
6.1 List of excipients
Acesulfame K
Aerosil
Citric acid
Malic acid
Maltodextrin
Orange flavour.
6.2 Incompatibilities
Not applicable.
6.3 Shelf life
2 years.
6.4 Special precautions for storage
Store at or below 25 °C.
Protect from light and moisture.
6.5 Nature and contents of container
The powder is packed in a white PP securitainer with a orange LDPE lid.
6.6 Special precautions for disposal and other handling
None.
- HOLDER OF CERTIFICATE OF REGISTRATION
Royal Square 428 Investments (Pty) Ltd
P.O. Box 1762
Randpark Ridge
2156.
- REGISTRATION NUMBER
Will be allocated by SAHPRA upon registration.
- DATE OF FIRST AUTHORISATION/RENEWAL OF THE AUTHORISATION
Will be allocated by SAHPRA upon registration.
- DATE OF REVISION OF THE TEXT
November 2020.
Professionele inligting vir VITA-C 2000
KOMPLEMENTÊRE MEDISYNE: GESONDHEIDSAANVULLING
Hierdie ongeregistreerde medisyne is nie vir gehalte, veiligheid of beoogde gebruik deur SAHPRA geëvalueer nie.
SKEDULERINGSTATUS
S0
- NAAM VAN DIE MEDISYNE
VITA-C 2000
- KWALITATIEWE EN KWANTITATIEWE SAMESTELLING
Elke maatlepel (2,5 g) bevat:
Askorbiensuur (gebufferde vitamien C) 1 000 mg
ß-karoteen 1 % 25 mg
Sitrusbioflavonoïede 35 % 12,5 mg
Bevat versoeter: Asesulfaam K.
Vir die volledige lys van onaktiewe bestanddele, sien afdeling 6.1.
- DOSEERVORM
Poeier.
Wit tot naaswit lemoengegeurde poeier.
- KLINIESE BESONDERHEDE
4.1 Terapeutiese indikasies
Dra by tot normale werking van die immuunstelsel, help met die vorming van bindweefsel en dra by tot wondgenesing.
Dra by tot normale seldeling en om moegheid en uitputting te verlig.
Veilig vir mense wat ly aan toestande waar te veel suur ’n probleem is.
4.2 Posologie en metode van toediening
Een gelykvol maatlepel opgelos in ’n glas water of vrugtesap, of soos wat deur jou gesondheidsorgverskaffer voorgeskryf is. Dit werk meer doeltreffend wanneer dit op ’n leë maag geneem word.
4.3 Kontra-indikasies
Hipersensitiwiteit vir enige van die aktiewe of onaktiewe bestanddele (sien afdelings 2 en 6.1).
4.4 Spesiale waarskuwings en voorsorgmaatreëls vir gebruik
Konsulteer jou gesondheidsorgverskaffer voordat jy VITA-C 2000 neem indien jy medikasie gebruik of aan enige mediese toestand ly.
4.5 Interaksies met ander medisyne en ander vorms van interaksie
Konsulteer jou gesondheidsorgverskaffer voordat jy VITA-C 2000 neem indien jy medikasie gebruik of aan enige mediese toestand ly.
4.6 Vrugbaarheid, swangerskap en borsvoeding
Die veiligheid en effektiwiteit tydens swangerskap en borsvoeding is nie vasgestel nie.
Konsulteer jou gesondheidsorgverskaffer voordat VITA-C 2000 geneem word indien jy swanger is, beplan om swanger te raak of jou baba borsvoed.
4.7 Uitwerking op die vermoë om te bestuur en masjiene te gebruik
Dit is onbekend of VITA-C 2000 ’n uitwerking het op die vermoë om te bestuur of masjiene te gebruik. Versigtigheid word aangeraai voordat ’n voertuig bestuur of masjinerie hanteer word, totdat bekend is wat die uitwerking van VITA-C 2000 is.
4.8 Ongewenste effekte
VITA-C 2000 word goed verdra.
Rapportering van vermoedelike newe-effekte:
Dit is belangrik om vermoedelike newe-effekte wat waargeneem word nadat VITA-C 2000 goedgekeur is te rapporteer. Dit help met volgehoue monitering van die voordeel/risiko-balans van VITA-C 2000. Gesondheidsorgverskaffers moet asseblief enige vermoedelike newe-effekte rapporteer aan NRF HEALTH via https://www.nrfhealth.co.za
4.9 Oordosering
Met oordosering kan newe-effekte gepresipiteer word en/of ernstiger wees (sien afdeling 4.8). Na oordosering moet simptomatiese en ondersteunende behandeling toegepas word.
- FARMAKOLOGIESE EIENSKAPPE
Kategorie en klas: D 34.12 Formule met verskeie bestanddele.
Vitamien C word geredelik uit die spysverteringskanaal geabsorbeer en wyd in die liggaam versprei. Dit word hoofsaaklik in die urine uitgeskei.
Sitrusbioflavonoïede is ’n bron van antioksidante, wat help om selle teen vry radikale te beskerm.
Party van die ß-karoteen wat ingeneem word, word na vitamien A in die dermslymvliese of lewer omgeskakel. Karotenoïede word hoofsaaklik op laedigtheidslipoproteïene (LDL’s) in die bloed vervoer. ß-karoteen word in ontlasting (feses) uitgeskei.
- FARMASEUTIESE BESONDERHEDE
6.1 Lys van onaktiewe bestanddele
Asesulfaam K
Aerosil
Sitroensuur
Appelsuur
Maltodekstrien
Lemoengeursel.
6.2 Onverenigbaarhede
Nie van toepassing nie.
6.3 Rakleeftyd
2 jaar.
6.4 Spesiale voorsorgmaatreëls vir berging
Bêre by of onder 25 °C.
Beskerm teen lig en vog.
6.5 Aard en inhoud van die houer
Die poeier word in ’n wit PP-sekuriteitshouer met ’n oranje LDPE-deksel verpak.
6.6 Spesiale voorsorgmaatreëls vir wegdoening en ander hantering
Geen.
- HOUER VAN DIE REGISTRASIESERTIFIKAAT
Royal Square 428 Investments (Edms.) Bpk.
Posbus 1762
Randparkrif
2156
- REGISTRASIENOMMER
Sal met registrasie deur SAHPRA toegeken word.
- DATUM VAN EERSTE MAGTIGING/HERNUWING VAN MAGTIGING
Sal met registrasie deur SAHPRA toegeken word.
- DATUM VAN HERSIENING VAN DIE TEKS
November 2020.